Bokke kan nie op hulle louere rus nie

Die Springbokke verwag ‘n sterk teen-aanslag van die Wallabies Saterdag in Perth, na Saterdag se 33-7 pak slae in Brisbane. Die hoofafrigter Rassie Erasmus is tevrede met die oorwinning, maar nie met Suid-Afrika se drie geelkaarte nie. Hy wil ook hê die span moet die bal beter jaag en nie op hulle louere rus nie. Kaptein Siya Kolisie stem saam hulle sal gefokus moet bly en hard werk. Die Springbokke het na Perth gevlieg om met hulle voorbereiding vir die volgende toets te begin.