Namdeb geloof vir rehabilitasie

Namdeb se bedrywighede is in die Tsau //Khaeb Nasionale Park geleë, aangrensend aan die Oranjerivier en die Namibiese Eilande Mariene Beskermde Gebiede. Die maatskappy sê sy omvattende rehabilitasieprogram spreek ‘n 100-jarige nalatenskap van mynbou in die park aan. Daar is ook sukses behaal met die bewaring van bedreigde plant- en dierspesies. Dr. Peter Cunningham, ‘n Namibiese ekoloog, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê alle maatskappy behoort Namdeb se voorbeeld te volg.