‘Onwettige’ histerektomie-saak word bemiddel

Die saak waar Amalia Festus die ministerie van gesondheid dagvaar vir skadevergoeding van 3,8 miljoen Namibiese dollar nadat ‘n histerektomie, na bewering sonder haar toestemming, op haar uitgevoer is in Katutura-hospitaal, sal na verwagting vandag vir bemiddeling verwys word. In haar stukke sê sy sy was sewe maande swanger toe sy op 12 Desember 2017 met pyn by die hospitaal opgeneem is. ‘n Keiser is uitgevoer en haar baba is veilig gebore. Sy is op 16 Desember ontslaan maar het weer met erge pyn op 17 Desember teruggekeer en is weer opgeneem, die keer by Sentraal-hospitaal. Na onsuksesvolle behandeling met antibiotika is sy geopereer en toe is die histerektomie gedoen. Die saak, wat verdedig word, word in aangehoor deur regter Eileen Rakow. Die bemiddeling sal op 16 Augustus plaasvind en die bemiddelaar se verslag moet teen 19 Augustus by Rakow ingedien word.