Straatligte maak blare taai
Dit lyk asof straatligte wat heelnag brand blare taaier kan maak en moeiliker vir insekte om te eet. Wetenskaplikes aan ‘n Chinese universiteit in Beijing het ongeveer 180 bome langs paaie met straatligte in die stad bestudeer. Hulle het gemeet hoeveel lig elke boom kry en toe byna 5 500 blare bekyk. Die blare se taaiheid, stikstofvlakke, tanniene en waterinhoud is gemeet, wat die wetenskaplikes ‘n idee gegee het van hoe die bome hulle hulpbronne gebruik. Die ligte het blykbaar ook ‘n uitwerking op die natuurlewe rondom hulle.