Talle SA atlete in aksie in Parys

Olimpiese Spele: Talle Suid-Afrikaners is vandag in aksie in Parys. Brian Raats ding mee in die kwalifiserende ronde van die mans-hoogspring, en Marione Fourie in die uitdunne van die vroue-100-meter-hekkies. Jo-Ané van Dyk gaan probeer kwalifiseer vir die eindronde van die vroue-spiesgooi, Edmund du Plessis neem deel aan die mans-800-meter-uitdunne en Miranda Coetzee aan die halfeindronde van die 400-meter vir vroue. Shaun Maswanganyi en Wayde van Niekerk ding mee in die halfeindronde van die mans-200-meter.