Omstrede Khelif sal vir goud in Parys boks
Die Algeriër Imane Khelif het Janjaem Suwannapheng van Thailand na ʼn eenparige besluit in die halfeindronde van die vroue se weltergewig-boksitem geklop. Sy is een van twee boksers wat by die Spele meeding, al het die Internasionale Boksvereniging hulle by verlede jaar se Wêreldkampioenskap gediskwalifiseer omdat hulle nie ʼn geslagstoets kon slaag nie. Khelif en Liu Yang van China sal sake vir die goue medalje uitspook wanneer sy probeer om Algerië se eerste goue medalje in boks te wen.