Jerry-wette: Mbumba nie besluiteloos nie, hy konsulteer

Die woordvoerder in die presidensie, Alfredo Hengari het president Nangolo Mbumba verdedig oor wat beskryf word as sy besluiteloosheid oor die ondertekening van die sogenaamde Jerry-wetgewings. Hengari het aan Desert Radio gesê Mbumba konsulteer blykbaar wyd daaroor en daar is geen druk op hom om dit te onderteken nie. Hy oorweeg ook die impak van die wetgewing, wat gay-huwelike in Namibië verbied, op die regte van alle Namibiërs.