Jy sal moet woeker om woestynblomme te geniet
Suid-Afrikaanse Nasionale Parke het die begin van vanjaar se lenteblommeseisoen tot 30 September in die Weskus Nasionale Park aangekondig. Die Postberg deel van die park vertoon glo ‘n asemrowende blommeprag. Kosmos 94.1 Nuus het met Piet Swiegers van Klein Aus Vista gesels oor die blom-situasie in die streek op die oomblik. Daar is plante wat blom, maar voornemende besoekers sal moet gou maak.