Luiperdjag: Napha maak aanbevelings
Die Namibië Professionele Jagvereniging, Napha, het sterk reageer op ‘n onlangse artikel, wat volgens die vereniging ‘n eensydige siening van luiperdjag-praktyke in Namibië bied. Onwettige jag is ‘n groot probleem maar, so ook die uiters streng reëls rondom luiperdjag. Die vereniging het onlangs aanbevelings by die omgewings-ministerie ingedien oor die bestuur van luiperds, wat probleem-veroorsakende luiperds en trofeeluiperds insluit. Kosmos 94.1 Nuus het met Napha-president Axel Cramer gesels oor sommige van die aanbevelings wat hulle gemaak het.