Iran sê Israel moet betaal vir Haniyeh-moord

Iran wil nie streekspanning eskaleer nie, maar glo dat hy Israel moet straf om verdere onstabiliteit te voorkom ná die moord op Hamas-leier, Ismail Haniyeh. Dit is volgens Nasser Kanaani, die woordvoerder van die buitelandse sake-ministerie, wat byvoeg dat optrede deur Teheran onvermydelik is. Kanaani het ‘n beroep op Amerika gedoen om sy steun van Israel te staak, en sê die internasionale gemeenskap het versuim in sy plig om stabiliteit in die streek te beskerm en moet die “straf van die aggressor” ondersteun. ’n Noodvergadering van die Organisasie vir Islamitiese Samewerking sal môre gehou word op Iran se versoek, om die moord op Haniyeh en Iran se reaksie te bespreek.