Steven Tyler se stem beskadig, Aerosmith hou op toer

Die rock-groep Aerosmith sê Steven Tyler se stem is permanent beskadig deur verlede jaar se stembandbesering en die groep sal nie meer toer nie. Die ikoniese groep, met treffers soos Love in an Elevator en Livin’ on the Edge het die kansellering aangekondig van die oorblywende datums. Tyler sê hy het sy stembande tydens ‘n optrede in September beskadig. Sy indrukwekkende sang is vandat Aerosmith in 1970 gestig is, die stukrag agter die groep. Hulle is in die Rock & Roll Hall of Fame opgeneem en het vier keer ‘n Grammy gewen.