Geingob amptelik herdenk op 83ste verjaarsdag
Wyle president Hage Geingob sou vandag sy 83ste verjaardag vier, en môre is dit presies ses maande sedert sy afsterwe. Verskeie herdenkingsgeleenthede sal sy nalatenskap en bydraes vier. President Nangolo Mbumba sal om 9-uur vanoggend die amptelike herinneringseremonie by die Heldeakker lei. Die minister van presidensiële sake in die Presidensie, Christine Hoebes, het aan die nasionale uitsaaier gesê Geingob was ‘n unieke persoon.