Verdagtes agter 9/11-aanvalle se pleitooreenkoms herroep

Die Amerikaanse minister van Verdediging Lloyd Austin het ‘n pleitooreenkoms herroep wat die mans wat beskuldig word van die sameswering oor die 11 September-aanvalle doodstraf sou laat vryspring. Aanklaers het Woensdag aangekondig hulle het ‘n ooreenkoms bereik met Khalid Sheikh Mohammed, Walid bin Attash en Mustafa al-Hawsawi om skuldig te pleit op aanklagte van sameswering. Austin het egter Susan Escallier, wat toesig hou oor die Guantanamo-oorlogshof, haar gesag ontneem om voorverhoor-ooreenkomste in die saak aan te gaan en dit heringestel as doodstrafsake. Mohammed word beskou as die hooffiguur agter die aanvalle van 11 September 2001.