Zim regering waarsku teen betogings voor SAOG-spitsberaad
Die regering van Zimbabwe waarsku teen verdere betogings nadat die polisie 18 aktiviste aangekla het van openbare wanorde. Die inhegtenisnemings het gebeur voor die spitsberaad van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap op 17 Augustus. Vier aktiviste is aangehou by die Harare-lughawe en 14 in Kariba terwyl hulle betoog het vir die vrylating van die opposisieleier, Jameson Timba. Menseregtegroepe beweer hulle is gemartel en vra regsprosesse moet gevolg word. DIe regering beskuldig die opposisie van pogings om ‘n kragdagige reaksie uit te lok.