Oppas vir aanlyn-plasings wat emosies verwek

Aanlyn sekuriteit bly ‘n groot probleem in Namibië met kuberaanvalle wat toeneem. Die regering sê 2,7 miljoen kuberaanvalle is in 2022 gerapporteer. Volgens kundiges sal sulke aanvalle net toeneem en meer gesofistikeerd word. Een van die lokvalle wat gebruik word is phishing, waar kuberboewe voorgee om ‘n besigheid, bank of regeringsdepartement te wees, om persoonlike inligting soos bankrekening-detail in die hande te kry. Vanessa Maresch van Salt Essentials het goeie raad. Sy sê as sekere aanlyn-plasings emosies verwek, kan dit ‘n goeie teken wees van ‘n kuberaanval.