Iran hou begrafnisseremonie vir Haniyeh, soek vergelding

Iran het vandag ‘n begrafnisseremonie gehou vir Hamas se politieke hoof, Ismail Haniyeh, waar oproepe gedoen is vir vergelding na die aanval waarvan Israel beskuldig word. Duisende roubeklaers het hulde gebring aan Haniyeh terwyl die Israelse Weermag bevestig het Hamas se militêre hoof, Mohammed Deif, is onlangs in ‘n lugaanval dood. Iran se opperleier, ayatollah Ali Khamenei, het die gebedsdiens gelei voor Haniyeh later in Katar begrawe sal word. ‘n Groot skare mense, insluitend vroue in swart, het in Teheran foto’s van Haniyeh en Palestynse vlae rondgeswaai.