VSA gaan pleitooreenkoms met 9/11-meersterbrein aan
Die Amerikaanse Departement van Verdediging het ‘n pleitooreenkoms met drie van die mans bereik wat beskuldig word dat hulle die 11 September 2001-aanvalle op die Wêreldhandelsentrum en die Pentagon beplan het. Byna 3 000 mense in New York, Virginië en Pennsilvanië is in die al-Qaeda-aanvalle dood. In ruil vir die terugtrekking van die doodstraf as ‘n moontlik vonnis, het die drie, insluitend die meesterbrein, Khalid Sheikh Mohammed, ingestem om skuldig op al die aanklagte te pleit, insluitend die moord op die 2 976 mense op die klagstaat.