LP’s verklaar (nog steeds) nie bates nie

Parlementslede kom sonder enige gevolge jaarliks nie die sperdatum van bateverklarings na nie. LP’s moet teen 30 April elke jaar hulle bates verklaar maar, die groter meerderheid doen dit nie. Die sekretaris van die Nasionale Vergadering, Lydia Kandetu, sê LP’s probeer dit vermy omdat dit hulle blootstel aan ondersoeke deur veral die media. Vir vanjaar het minder as die helfte van LP’s hulle verklarings ingedien en sommige verklarings is ook onvolledig.