VSA glo nie konflik in Midde Ooste sal uitbrei nie
Iran is vasbeslote om die sluipmoord op Hamas se politieke leier, Ismail Haniyeh te wreek nadat hy in Teheran dood is. Haniyeh het na die Iranse hoofstad gereis vir die inhuldiging van die land se nuwe president, Masoud Pezeshkian. Hamas en Iran het Israel die skuld gegee vir die aanval. Iran se staatshoof, Ayatollah Ali Khamenei, sê hulle sal seker maak Israel is spyt oor hul lafhartige optrede. Die Amerikaanse minister van Verdediging, Lloyd Austin glo egter ‘n uitgebreide oorlog kan vermy word, ten spyte van die wraakdreigement: