Voedselvergiftiging by TikTok-hoofkantoor
Owerhede in Singapoer ondersoek die oorsaak van voedselvergiftiging nadat tientalle werknemers siek geword het by die hoofkantoor van ByteDance, die eienaar van die gewilde sosialemediaplatform, TikTok. Minstens 60 mense het simptome ontwikkel en die meeste is hospitaal toe geneem. Ambulanse, brandweerwaens, die Burgerlike Weermag en ‘n massa-dekontaminasievoertuig is by die gebou ontplooi. Sky News berig die maatskappy gebruik verskaffers van buite vir die kantoorkantien en geen kos word op die perseel voorberei nie.