Hof in Kenia verklaar Ruto se belastingwet ongrondwetlik
Kenia se appèlhof het die Finansiële Wet van 2023 ongrondwetlik verklaar, in ‘n nuwe slag vir die regering van president William Ruto. Ruto het reeds vanjaar se finansiële wetsontwerp na dodelike betogings teruggetrek. Die hof se uitspraak was ten opsigte van ‘n appèl teen ‘n ander uitspraak van die hooggeregshof laat verlede jaar, wat die finansiële wet grootliks ongeskonde gelaat het en net die behuisingsheffing uitgewis het. Die regering, wat op die 2023 Finansiële Wet staatgemaak het om voort te gaan om belasting in te vorder nadat Ruto vanjaar se wetsontwerp teruggetrek het, het nie dadelik kommentaar gelewer nie.