Kenner sê oor streeksneigings met kieser-registrasie
Terwyl 81 persent van alle stemgeregtigdes reeds op 27 Julie geregistreer het, is daar neigings van streke waar kiesers meer apaties is. In die Noorde het sommige streke rondom 90 persent behaal maar in Khomas, die mees digbevolkte streek, het net 76 persent tot dusver geregistreer met Omaheke op 74 persent en Hardap op 72 persent. Kosmos het aangeklop by die Afrika-kenner professor Nixon Kariithi vir sy mening oor die neigings.