VRK raak al hoe meer gewild

Die Verenigde Rugbykampioenskap het in die 2023/24-seisoen die vorige grootste televisiegehoor oortref en van 37,4 miljoen in 2023 tot 47,7 miljoen vanjaar gegroei. Meer as 1,1 miljoen het gekyk toe Glasgow Warriors die Bulle in die eindstryd klop en meer as 947 000 kykers na die Bulle in die halfeindstryd op Loftus teen Leinster. Daar was ook ‘n verbetering van 3 persent in algehele bywoning in stadions en het gegroei tot 1,69 miljoen. In die negende ronde was daar ‘n nuwe rekord van 146 000 toeskouers by agt wedstryde in Suid-Afrika, Ierland, Italië, Skotland en Wallis.