Maduro herverkies in Venezuela

Venezuela se outoritêre leier, Nicolás Maduro, is as president herkies ondanks beweerde verkiesingsonreëlmatighede. Die Nasionale Verkiesingsraad sê met 80-persent van die stemme getel, het Madura meer as 51-persent gekry, vergeleke met sy grootste teenstander, Edmundo González Urrutia wat meer as 44-persent van die stemme behaal het. Meningspeilings het González ‘n groot voorsprong teenoor Maduro gegee. Die Amerikaanse minister van Buitelandse Sake, Antony Blinken, sê Amerika is bekommerd dat die verklaarde uitslag nie die wil van die mense van Venezuela weerspieël nie.