MK geskok oor uitlek van dokumente dat Zuma van ANC geskors is
Die MK-party sê dis skandelik dat ʼn dokument van die ANC se nasionale tugkomitee waarin Zuma uit die party geskors word, uitgelek het. Die komitee het Zuma skuldig bevind dat hy die ANC se grondwet oortree het en aanbeveel dat hy geskors word. Die oudpresident is verlede week virtueel verhoor met die ANC se sekretaris-generaal, Fikile Mbalula, as hoofgetuie. Die MK-party se woordvoerder, Nhlamulo Ndhlela, het aan die SABC gesê hulle het nog geen amptelike kommunikasie van die ANC ontvang nie: