F1: Russell wen, spuit vonkelwyn, toe is voertuig te lig, toe wen Hamilton
Die sewemalige wêreldkampioen, Lewis Hamilton, het die Belgiese Grand Prix opgeraap nadat sy Mercedes-spanmaat, George Russell, gediskwalifiseer is. Russell was die wenner ná ʼn eenstop-strategie waar hy met harde bande op sy renmotor die geruite vlag gehaal en Hamilton met ʼn halwe sekonde geklop het. Daar is egter ná die wedren bevind sy voertuig was ondergewig. Hamilton sê hy is tevrede met die motor se werkverrigting: