Namcor wil stelselmatig sy aandeel in olie van 10% verhoog
Namcor sê hy kyk na opsies om geleidelik sy belang binne olie- en gasvennootskappe van die huidige 10 persent te verhoog. Dit kom na die Staande Komitee oor Natuurlike Hulpbronne in 2022 versoek het dat die regering ‘n 51 persent aandeel bekom in maatskappye wat belê in die petroleumsektor. Namcor se hoof van volhoubare energie, Frans Kalenga, sê terwyl dit baie groter winste vir die maatskappy kan besorg is daar ook risiko’s veral omdat die kostes van eksplorasie uiters duur is sonder enige waarborg van opbrengste.