Noordwes-hospitaal sê jammer vir doodsberig vir verkeerde pasiënt

Die departement van gesondheid in Noordwes het ‘n familie om verskoning gevra nadat verwarring daartoe gelei het dat die verkeerde familie van ‘n geliefde se dood ingelig is. Die 72-jarige Dorothy Magape is na die Gelukspan-hospitaal geneem vir behandeling. Toe ’n familielid haar gaan besoek het, is sy ingelig dat sy oorlede is. Volgens berigte was die familielid destyds te getraumatiseerd om die liggaam te sien. Begrafnisreëlings is getref en reisplanne is gemaak. Die gesin was geskok om ‘n oproep van ‘n hospitaalportier te ontvang dat Magape opgetel moet word omdat sy ontslaan is. Die hospitaal sê die verwarring was die gevolg van Magape en die oorlede pasiënt wat dieselfde van het.