Rundu se water-uitdagings duur voort

Uitdagings met watervoorsiening in Rundu duur voort. Plaaslike media berig dat inwoners wat aan die bokant van Rundu se Satotwa-nedersetting woon reeds drie jaar sonder water is. Inwoners moet na die naburing Ngwa-Ngwa-nedersetting gaan om drinkwater te kry en die res moet by die rivier gehaal word. Inwoners sê dit is gevaarlik by die rivier as gevolg van krokodille en onveilig om te stap omdat die gebied bebos is. Die Rundu-dorpsraad se uitvoerende hoof Olavi Nathanael, sê die bevolkingsgroei plaas druk op die watervoorsiening. Die huidige suiweringsaanleg met NamWater, wat die hoofverskaffer is, is jare gelede ontwerp om waterkwessies vir ‘n maksimum van 70 000 inwoners aan te spreek en daar is tan 118 000.