80% van Suid-Afrikaners verkies openbare vervoer

‘n Peiling deur PwC het onthul agt uit tien Suid-Afrikaners sal openbare vervoer verkies mits die infrastuktuur verbeter. Pendelaars word frustreer deur toenemende verkeersknope, die styging in die koste van privaat vervoer en padveiligheid, waaronder slaggate. Die TomTom-verkeersindeks 2023 toon spitsverkeerspoed is gemiddeld 43-kilometer-per-uur in groot metro’s soos Johannesburg en Kaapstad. Daarby is daar al hoe meer belangstelling in elektriese voertuie met hulle pryse wat afneem. Die noem ook kommer oor die stygende lewenskoste en politieke onsekerheid.