Kim loods internasionale kuberspioenasie-veldtog
Noord-Koreaanse kuberkrakers het ‘n wêreldwye kuberspioenasieveldtog gevoer om geklassifiseerde militêre geheime te probeer steel om Pyongyang se verbode kernwapenprogram te ondersteun. Dit is volgens Amerika, Brittanje en Suid-Korea, wat ‘n gesamentlike raadgewende verslag uitgereik het. Die kuberkrakers, wat deur kuberveiligheidsnavorsers Anadriel of APT45 gedoop is, het rekenaarstelsels by ‘n wye verskeidenheid verdedigings- of ingenieursfirmas geteiken of binnegedring. Dit sluit in vervaardigers van tenks, duikbote, vlootvaartuie, vegvliegtuie en missiel- en radarstelsels. Die FBI het ook ’n inhegtenisnemingsbevel vir een van die beweerde kuberkrakers uitgereik en ’n beloning van tot 10 miljoen Amerikaanse dollar aangebied vir inligting wat tot sy arrestasie sal lei.