‘Goue vrou’ Smith soek nog Olimpiese sukses

Olimpiese Spele: Die swemmer Tatjana Smith, wat Suid-Afrika se goue vrou op die vorige Spele in Tokio was, sê sy is reg om in Parys mee te ding. Span Suid-Afrika kon slegs drie medaljes in Japan opraap en twee daarvan was Smith s’n. Sy het goud gewen in die 200 meter-borsslag en silwer in die 100 meter-borsslag. Die 27-jarige swemmer sê sy hoop om weer Olimpiese sukses te behaal.