Mkhize en sy seun bly in die nuus

Die Spesiale Ondersoekeenheid van Suid-Afrika het bewerings deur die buurland se minister van Gesondheid, Zweli Mkhize se seun Dedani, weerlê. Hy het die organisasie as onprofessioneel en bevooroordeeld beskryf. Dedani Mkhize voer aan die eenheid gaan mank aan onpartydigheid in die manier waarop hulle die ondersoek na sy familie se sake hanteer het. Mkhize junior ontken hy het 3,8-miljoen-rand van ‘n kontrak ontvang wat deur die Departement van Gesondheid toegeken is.