Dienste herstel wêreldwyd stadig na IT-chaos

Besighede en dienste regoor die wêreld herstel stadig na ‘n reuse-IT-onderbreking rekenaardienste Donderdag en Vrydag ure lank ontwrig het. Maatskappye, banke, hospitale en lugrederye is onder dié wat die swaarste getref is nadat die kubersekerheidsmaatskappy CrowdStrike ‘n fout gemaak het met ‘n sagteware-opdatering wat Microsoft Windows affekteer het. Hoewel ‘n manier uitgereik is om dit reg te stel, het CrowdStrike erken dit kan lank neem voor alle stelsels weer glad werk. Die wêreldwye chaos het kommer veroorsaak oor die kwesbaarheid van tegnologie se interverbintenis, en die mate waartoe ‘n enkele sagtewarefout ‘n wydverspreide uitwerking kan hê.