Oshiko-padverkeerkontrolepunt takel smokkelary

Die Oshiko-padverkeerkontrolepunt is deur die inspekteur-generaal van NamPol, Joseph Shikongo, in die Ongwediva-kiesafdeling in die Oshana-streek ingewy. Die fasiliteit het ten doel om onwettige aktiwiteite soos smokkelary, mensehandel en dwelmhandel vas te vat. Die 12,8 miljoen Namibiese dollar fasiliteit bestaan uit ‘n kontrolepunt-kamer, kantoorblok en aparte ablusiegeriewe vir beamptes en lede van die publiek. Shikongo sê padveiligheid is elke burger se fundamentele reg.