Polio aangetref in rioolwater in Gaza

Die voorkoms van die hoogs-oordraagbare poliovirus in Gaza veroorsaak die risiko dat duisende Palestyne die siekte kan opdoen, wat verlamming kan veroorsaak. Toetse deur die Wêreldgesondheidsorganisasie en Gaza se gesondheid-ministerie het monsters van die virus in rioolwater aangetref. Die organisasie sê niemand in Gaza is nog behandel vir lamheid of ander simptome van polio nie, maar inwoners “staan nou voor die bedreiging” wat die siekte inhou. Verskeie agentskappe van die Verenigde Nasies werk saam met plaaslike gesondheidsowerhede om vas te stel hoe ver die virus versprei het.