Onwettige tabakhandel floreer in Wes-Kaap
Die Wes-Kaap het die middelpunt van Suid-Afrika se ongebreidelde onwettige tabakhandel geword en drie uit elke vier winkels verkoop sigarette wat belasting ontduik. Dit is volgens Ipsos, die wêreldleier in marknavorsing. Tax Justice SA se stigter, Yusuf Abramjee, sê meer as die helfte van die onwettige aankope in die navorsing word verbind met maatskappye wat tans die wet uitdaag wat die Suid-Afrikaanse Inkomstediens die reg gee om kringtelevisiekameras in hul fabrieke te installeer.