Volgende Engeland-bestuurder ‘moet groot toernooi wen’
Sokker: Die Engelse beheerliggaam, die FA, sê hy het reeds ‘n paar kandidate uitgeken, maar is op soek na ‘n hoofafrigter wat die land se eerste groot mansbeker sedert 1966 kan inpalm. Gareth Southgate het uitgetree na Spanje Engeland geklop het in die finaal van Euro 2024. Die posbeskrywing sê daar sal van enige kandidaat verwag word om vir die eerste keer sedert die 1966 Wêreldbeker ‘n groot trofee te wen. Die voormalige bestuurder van Chelsea Mauricio Pochettino, Newcastle se bestuurder Eddie Howe en die oud-Chelsea en -Brighton afrigter Graham Potter word almal beskou as moontlike opvolgers.