Namibië verpletter Burkina Faso 38-5

Namibië se Welwitschias het Burkina Faso met 38 – 5 kafgedraf in hul eerste wedstryd by die Rugby Afrika-beker kwarteindstryde in Kampala. Die toernooi is die eerste fase van die 2027 Rugby Wêreldbeker kwalifiserende wedstryde vir die Afrika-streek. Namibië sal in hulle volgende wedstryd op 24 Julie te staan kom teen die wenners van die wedstryd tussen Uganda en Zimbabwe, wat om 3-uur Namibiese tyd afskop.