Toerisme-statistieke uiters bemoedigend
Die jongste toerisme-akkommodasiestatistieke van die Gasvryheidsvereniging van Namibië toon bemoedigende neigings. Verblyfgetalle vir die eerste helfte van vanjaar het dié van verlede jaar met byna 5 persent oorskry. Die syfers was byna 2 persent hoër as in 2019, gebaseer op die gemiddelde nasionale besetting oor die 6 maande tydperk. Dit dui op ‘n volle herstel in die toerismesektor, insluitend vakansie-, ontspannings- en sakereise, sedert 2019. Algehele grensoorgange na Namibië het egter nog nie 2019-vlakke bereik nie. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Gitta Paetzold, die Gasvryheidsvereniging se uitvoerende hoof.