Dis Namibië Kampioenskappe van die Uitvoerende Kunste die naweek!
Die Namibië Kampioenskappe van die Uitvoerende Kunste bied môre hul jaarlikse talentvertoning in die Windhoek Gimnasium skoolsaal aan. Die geleentheid begin om 17:30 en beloof ’n aand van buitengewone talent. Lomine Langley, direkteur van die Namibië Kampioenskappe van die Uitvoerende Kunste, sê daar sal 45 items in toneelspel wees, 102 in dans, 34 in instrumentaal, 37 in modelwerk, 1 in revue, 1 in verskeidenheid, 13 in visuele kuns, en 157 in vokale kategorieë. Deelnemers wat goue medaljes verower, sal gekies word vir Span Namibië en sal in aanmerking kom om volgende jaar in Los Angeles mee te ding. Kosmos 94.1 Nuus het met Langley gesels, wat meer inligting oor die geleentheid gee.