Atleetdorp in Parys uiters ‘groen’
Die atleetdorp in Parys wat as ‘n model van lae-koolstofkonstruksie beskryf word, het sy eerste besoekers verwelkom. Dit het nie lugversorging nodig nie want die temperatuur binne is minstens ses grade laer as buite. Die dorp sal sowat 14 500 mense tydens die besigste tyd huisves wat nege-duisend atlete insluit wat van volgende week aan die Spele gaan deelneem. Na die somer en paralimpiese spele gaan die kompleks in huise omskep word waarvan minstens ‘n derde as openbare behuising geoormerk is.