Kuberaanvalle sal met KI erger raak

Die regering sê 2,7 miljoen kuberaanvalle is in 2022 aangeteken, met 7 000 aanvalle elke dag. Dit vra vir die versterking van die kuberruimte en aanlyn platforms. Hierdie kommerwekkende statistieke is by die eerste Namibië Internasionale Kuberveiligheidskonferensie en -uitstalling gedeel. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Vanessa Maresch van Salt Essentials IT, wat sê sulke aanvalle sal beslis toeneem namate misdadigers wegbeweeg van gewone misdade. Kunsmatige Intelligensie sal ook kubermisdaad vererger.