Julius sê hy het niks met VBS uit te waai nie

EFF-leier Julius Malema sê hy sal homself verdedig teen bewerings dat hy betrokke was by die plundering van die VBS Bank. Die gewese VBS-voorsitter, Tshifhiwa Matodzi wat tans in die ronk is, beweer in sy beëdigde verklaring die EFF het vyf-miljoen-rand asook ʼn maandelikse skenking een-miljoen-rand van die bank ontvang. Dis na bewering aan ʼn maatskappy van Brian Shivambu, broer van die party se adjunkpresident Floyd Shivambu, betaal vanwaar dit na die EFF gekanaliseer is. Malema sê die EFF het nooit VBS-geld ontvang nie: