Biden skryf nog studenteskuld af
Die Amerikaanse president Joe Biden het sy studentelenings-toegewingsprogram verleng en die lenings van nog 35 000 Amerikaners gekanselleer, terwyl hy hoop om herverkies te word. Die jongste stap wat neerkom op 22 miljard Namibiese dollar se studenteskuld bring die getal mense wat voordeel trek uit die verskeie skuldverligtingsprogramme op 4,76 miljoen te staan. Die leners sluit onderwysers, verpleegkundiges, polisiebeamptes en noodwerkers in. Die aankondiging val saam met die laaste dag van die Republikeinse Nasionale Konvensie in Milwaukee waar Donald Trump die Republikeinse party se benoeming vir die verkiesing in November aanvaar het.