‘Ons moet seker dankbaar wees iets word uiteindelik gedoen aan Psemas’

Die staatsmediesefonds Psemas word volgens plaaslike media deur die regering hersien en reggeruk, en die proses is al sowat 50 persent afgehandel. Van die uitdagings is spooklede, valse eise en korrupsie, waarvan die regering al sedert April 2010 bewus is. ‘n Oudit deur Deloitte wys dat die regering tussen 2020 en 2022 1 miljard dollar uitbetaal het aan begunstigdes wat nie bestaan nie. Psemas kry egter steeds reuse-bedrae in die begroting en vanjaar se toekenning was 2,9 miljard Namibiese dollar. Reaksie is ontvang van Eben de Klerk, konsultant vir die Namibiese Privaat Praktisynsforum.