Reaksie op moontlike suikerbelasting wat kom
Die regering beplan om ‘n suikerbelasting in te stel, wat die sakke van baie verbruikers wat reeds finansieel sukkel gaan raak. Finansminister Ipumbu Shiimi het laat deurskemer dat die nuwe belasting op pad is en gesê dit sal die meeste suikerprodukte raak. Die opmerking is tydens ‘n middeltermyn-begrotingsbespreking in die hoofstad gemaak. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Klaus Schade, ‘n navorsingsgenoot van die Ekonomiese Vereniging van Namibië, wat sy insette lewer het oor hoe dit die ekonomie sal beïnvloed.
Shiimi het niks genoem oor belasting op kunsmatige versoeters nie, wat volgens Schade iets is wat aangespreek moet word.