Wetenskaplikes ontdek anti-verouderingsformule wat dalk ook kanker kan stop
Wetenskaplikes van Imperial College London het dalk ‘n manier ontdek om veroudering te stop en kanker te voorkom. ’n Onlangse navorsingsartikel wat in die joernaal Nature gepubliseer is, beweer dat die lewensduur van mense met 25 persent verleng kan word met hierdie nuwe anti-verouderingsformule.
Die navorsers het op muise geëksperimenteer en uitgevind dat die afskakeling van interleukin-11 (IL-11), ’n proteïen, kan help om kanker te voorkom, metabolisme, gehoor en visie ’n hupstoot te gee en long- en spierfunksie te verbeter. Dit kan ook voorkom dat hare grysn word en uitval.
Volgens die toetse wat uitgevoer is, het die behandelde muise gemiddeld 155 weke gelewe, terwyl die oorblywende muise na 120 onbehandelde weke gesterf het. “Hierdie bevindinge is baie opwindend,” het Stuart Cook gesê. Hy is professor by die Mediese Navorsingsraad Laboratorium vir Mediese Wetenskappe, Imperial College, berig Telegraph.
“Die behandelde muise het minder kankers gehad en was vry van die gewone tekens van veroudering en broosheid, maar ons het ook verminderde spierverspilling en verbetering in spierkrag gesien. Met ander woorde, die ou muise wat anti-IL11 (behandeling) ontvang het, was gesonder,” het Cook verder gesê.
Die nuwe middel kan dalk veroudering by mense stop. Alhoewel hierdie navorsing slegs op muise uitgevoer is, glo die wetenskaplikes dat die middel ‘n soortgelyke reaksie by bejaarde mense kan hê.
Die IL-11-DNS-geen is miljoene jare gelede deur mense vanaf visse aangepas. Hierdie geen help ook met die regenerasie van ledemate by sommige spesies. Alhoewel dit in antieke tye nuttig was, is dit bekend dat dit nou onnodig is by mense. Dit kan lei tot littekens en verdikking van weefsels, en inflammasie wat siektes en veroudering veroorsaak.
Foto verskaf.