PDM hou massasaamtrek

Die amptelike opposisieparty, die Popular Democratic Movement, PDM, hou hierdie naweek ‘n massa-saamtrek. Saterdagmiddag vergader die party in Rehoboth by die Beukes-minimark. Sondag is hulle in die Sesfontein-kiesafdeling in die Kunene-streek, waar die party na verwagting honderde nuwe lede sal verwelkom. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met die PDM-leier, McHenry Venaani, wat meer inligting gee.