Robbe-oes: Buitelanders eis weer ‘n boikot
Die kontroversiële en militante mariene-aktivis Paul Watson is terug, die keer as hoof van die Paul Watson-stigting nie as Sea Shepherd nie. Hy vra, nes ‘n voorganger Francois Hugo etlike jare gelede, vir ‘n boikot van Namibië as gevolg van die robbe-oes. In Maart 2019 het Costa Rica alle aanklagte teen Watson laat vaar, na hy vaartuie gestamp en beskadig het, Interpol se rooi kennisgewing, wat uitgereik is toe hy verdwyn het, is teruggetrek. Die oud-ombud, advokaat John Walters het in 2012 ‘n ondersoek na die robbe-oes gedoen. Hy gesels vandag met Kosmos 94.1 Nuus oor die terugkeer van Watson.
Dit is interessant dat net Namibië geteiken word. Die VSA, Kanada, Denemarke, Ysland, Noorweë, Rusland, Finland en Swede, oes almal jaarliks robbe.